IPSS Medical Rescue en IPSS Search and Rescue het Donderdag op ’n komplek in Shakas Rock gereageer ná die ineenstorting van ’n derde verdieping balkon.

Met aankoms is gevind dat drie mense ten tyde van die ineenstorting op die balkon was. Almal was in ’n kritieke toestand.

Gevorderde lewensondersteuningsmedici het gewerk om die besteerders te help. Ongelukkig het die toestand van twee van die beseerders versleg. Ten spyte van die beste pogings van almal op die toneel, is albei dood verklaar.

Die derde beseerde is na ’n nabygeleë fasiliteit deur IPSS Medical Advanced vervoer.

SAPD sal die voorval verder ondersoek.