Sakke dagga met bus van Kaapstad na Oos-Londen vervoer
Lede van die Oos-Londen se misdaadvoorkomingspan het ’n wenk ontvang oor dwelms op ’n Kaapstadse bus by die Quigney-busterminaal in Oos-Londen.
Die polisie het vinnig ingetrek en toe hulle die bus deursoek het, is ’n hoeveelheid plastiekritssakke met dagga binne gevind.
Twee manlike verdagtes is in hegtenis geneem en sal van die besit van dagga aangekla word en sal binnekort voor die Oos-Londen landdroshof verskyn.