R. Kelly kry ekstra tronkstraf ná die jongste skuldigbevinding aan seksmishandeling
Die Amerikaanse R&B-sanger R. Kelly (56) moet ’n ekstra jaar in die tronk deurbring bo en behalwe ’n vonnis van 30 jaar wat hy reeds uitdien.
Kelly is in Junie 2022 vir 30 jaar tronk toe gestuur vir sekshandel en rampokkery. Etlike maande later is hy ook skuldig bevind dat hy minderjariges vir seks verlei het en kinderpornografie vervaardig het.
As hy sy vonnis ten volle uitdien, sal hy agter tralies wees totdat hy in sy middel-80’s is.
Die beeldmateriaal is volgens BBC later op aanlynplatforms versprei, wat mense blootgestel het aan kinderpornografie.