Die Nasionale Energiekrisiskomitee het om 14:00 in ‘n mediakonferensie bevestig dat fase 6-beurtkrag tot minstens môre sal voortduur.

Die komitee kon egter nie sê hoe die vooruitsigte vir die res van volgende week lyk nie.

Daar is verder bevestig dat daar ‘n hoē risiko van fase 8-beurtkrag die week was.

AfriNUUS het vroeër berig dat Eskom se finansiële hoof, Calib Cassim, aangewys is as die tussentydse uitvoerende hoof van die kragreus.