EFF gaan voort met sy planne vir ’n nasionale stilstand, wens de Ruyter vaarwel
Die Economic Freedom Fighters (EFF) het vandag vergader om hul planne uiteen te sit vir ’n nasionale stilstand op Maandag, 20 Maart 2023.
Die EFF het laasweek begin om plakkate van die stilstand regoor die land op te rig.
Die EFF sal eis met sy stilstand dat president Cyril Ramaphosa as staatshoof bedank en dat beurtkrag onmiddelik beëindig word.
“Ons het niemand se toestemming nodig om die strate van Suid-Afrika op die 20ste Maart 2023 te beset om die bedanking van die President te eis nie,” lui ’n Twitter-plasing deur die politieke party.
Volgens die party sal hy al sy lede versoek om die strate in te vaar op dié datum en sal geen instelling kan funksioneer op dié dag nie.
Floyd Shivambu, adjunkpresident van die EFF, het oor die skielike verlating van André de Ruyter as uitvoerende hoof van Eskom getwiet: “Vaarwel”.
Leon Schreiber, DA-LP, het beweer De Ruyter is “om een rede, en slegs een rede, uitgedwing: om die waarheid te praat dat ANC-korrupsie die oorsaak van Eskom se ineenstorting is”.