Vermiste 66-jarige vrou se gedeeltelik ontbinde liggaam in bosse naby haar ouetehuis gevind
’n Vermiste vrou van Kabegapark, Bernadette January, is vroeg vanmiddag dood gevind naby die ouetehuis waar sy gewoon het.
Daar word beweer dat die 66-jarige vrou van die Louise Dubb-ouetehuis in Kabegapark op Donderdag, 9 Februarie 2023, om 09:00 naby die Greenacres-winkelsentrum op pad na Somerstrand afgelaai is om na haar seun te soek.
Dit was die laaste keer dat iemand haar gesien het.
January se seun is in Forrest Hill gevind en het aangedui dat hy nie sy ma gesien het nie.
Nadat die polisie om 12:25 ’n deeglike soektog in die gebied gedoen het, het die polisie haar gedeeltelik ontbinde liggaam in bosse naby die ouetehuis gevind.
Geen gemene spel word vermoed nie.
’n Geregtelike doodsondersoekdossier is geopen.
’n Nadoodse ondersoek sal gedoen word om die oorsaak van haar dood vas te stel.