Zwelinzima Vavi, hoofsekretaris van Saftu, het bevestig dat die Suid-Afrikaanse federasie van vakbonde vandag ’n saak by die polisie teen André de Ruyter sal aanmeld. 

Dít in ’n poging om die identiteit en meer inligting bekend te maak oor die hoëvlak-politikus wat bewus was van korrupsie by die kragkreus.

Volgens Saftu het de Ruyter die land se wette oortree deur nie die misdaad aan te meld nie.

In ’n omstrede onderhoud op eNCA het de Ruyter ook beweer dat ’n sittende parlementslid en minister van die korrupsie bewus was.

De Ruyter wou nie die ideniteit van die betrokke persone bekendmaak nie.

De Ruyter voer aan dat Eskom ’n “voerbak vir die ANC is”.

Intussen het die DA ook bevestig dat dit ’n aansoek sal bring, ingevolge die Wet op die Bevordering van Toegang tot Inligting om die politikus se identiteit te ontbloot.

VERWANTE NUUS:

OUTA-hoof, Wayne Duvenage, sê die ANC-regering kan nie die aantygings wat deur voormalige Eskom-hoof gemaak is, ignoreer nie. Hy sê president Cyril Ramaphosa moet die saak ondersoek en beslissend optree.

John Steenhuisen, DA-leier, sê de Ruyter is afgedank omdat hy ‘n fluitjieblaser was.

Die African Transformation Movement (ATM) het verder versoek dat de Ruyter voor die parlement verskyn.

MR-DE-RUYTER-MUST-BE-SUMMONED-TO-APPEAR-BEFORE-PARLIAMENT-TO-SPILL-THE-BEANS-1

LEES OOK: