Donderdag om 11:28 het Netcare 911 gereageer op ’n verdrinkingsvoorval by Durban View Park in Umhlanga, Durban.

Berigte dui daarop dat ’n 47-jarige volwasse manlike Russiese burger by ’n onbeskermde strand gaan swem het voordat hy deur ’n brander meegesleur is.

Die Ethekwini-munisipaliteit se lewensredders, saam met Durban se polisieduikers, Durban Noord SAPD, Marshall Sekuriteit en Umhlanga UIP het op die toneel gereageer.

Foto: Netcare 911 (Verskaf)

Die man is opgespoor en na die wal getrek. Die man het egter nie gereageer of asem gehaal nie.

’Gevorderde lewensondersteunende resussitasie is deur ’n span begin.

Ten spyte van hul beste pogings het die man se toestand vinnig versleg, en hy is ongelukkig op die toneel dood verklaar.

Foto: Netcare 911 (Verskaf)