Pravin Gordhan vaar uit teen uitvoerende hoofde van maatskappye in staatsbesit wat “oop politieke debatte” voer
Pravin Gordhan, minister van openbare ondernemings, sê uitvoerende hoofde van entiteite in staatsbesit moet wegstuur van wat hy “oop politieke debatte” noem.
Gordhan het gepraat tydens die Eskom-raad se inligtingsessie in die parlement.
Hy het kommer uitgespreek oor ’n video wat op sosiale media sirkuleer waarby André de Ruyter, die nou voormalige uitvoerende hoof van Eskom, in ’n onderhoud met eNCA “in politiek inmeng”. Tydens die onderhoud kon gehoor word hoe de Ruyter sê hy is deur ’n senior minister ingelig dat Eskom gebruik word om die African National Congress (ANC) te bevoordeel met die medewete van sommige senior politici.
“Wat belangrik is, voorsitter, is dat uitvoerende hoofde van enige entiteit, insluitend Eskom, nie betrokke moet wees by oop politieke debatte en bewerings nie. En waar hulle politieke sienings het, is dit hul private besigheid en hulle is welkom om daardie sienings privaat uit te druk. Maar dit is die verantwoordelikheid van enige HUB in enige entiteit [in staatsbesit] om hul fokus op die werk byderhand te hou en seker te maak dat dit so professioneel moontlik gedoen word.”
Gordhan sê die Eskom-raad het ’n verpligting om te kyk na die video-program, wat dit gedoen het. Hy het ook sy kommer uitgespreek oor die video.
“Korporatiewe bestuur vereis dat die Eskom-raad na hierdie uittreksels moet kyk. Hulle moet hierdie spesifieke saak bespreek en aan beide die aandeelhouer en inderdaad aan die Parlement verslag doen oor die uitslag. Dit is nogal jammer dat die hele land nou betrokke is in ‘n belangrike stap met sy stryd teen korrupsie.”
Jy kan die volledige video van die portefeuljekomitee oor openbare ondernemings, waarin Pravin Gordhan en André de Ruyter was, hieronder kyk:
– SABC News
LEES OOK: