PAS BEKEND | Leeuwyfie op vrye voet in Noordwes nadat sy van die agterkant van ’n bakkie ontsnap het
Aafje Botma, polisiewoordvoerder in die Noordwes, het in ’n verklaring bevestig dat ’n leeuwyfie ontsnap het terwyl sy in Noordwes vervoer is.
Volgens die SAPD het die leeuwyfie Woensdagoggend om 08:00 ontsnap terwyl sy in ’n houer agterop ’n Ford Ranger-bakkie op die Beesdam-pad tussen Stella en Tlakgameng gery het.
“Die eienaar het eers besef dat sy ontsnap het toe hy sy bestemming (Tlakgameng) bereik het. Natuurreservaatwerkers en boere is op die uitkyk vir die dier.”
Enigiemand wat die leeu gewaar word versoek om Nanti Strydom by 082 563 7763, Siyabonga Mseleku by 073 446 7452 of hul plaaslike polisiestasie te kontak.
North West
District: Dr Ruth Segomotsi Mompati
Station: Stella
LIONESS ESCAPED
Community members are warned that a lioness escaped from her container whilst in transit on the back of a Ford Ranger Bakkie on the Beesdam road between Stella and Tlagameng on Wednesday 22 February 2023 at 08:00.
The owner only realized that she escaped when he reached his destination at Tlagameng.
Nature Reservation and farmers are on the lookout for the animal.
Please contact Nanti Strydom Cell: 082 563 7763 or Siyabonga Mseleku at 0734467452 / 0813366882 from Nature Conservation or your local police station if you see the lioness.