Man in die hof nadat hy glo ’n aspirant-model ontvoer en by Bainskloof verkrag
‘n Man het vandag in die Wellington-landdroshof verskyn. Hy word van ontvoering en verkragting aangekla.
Die staat voer aan ’n 19-jarige aspirant-model is deur hom mislei om aan ‘n kompetisie deel te neem. Hy het haar toe in sy voertuig gaan haal om foto’s van haar te neem. Hy het haar na Bainskloof gery en vir haar ’n bietjie alkohol gegee, foto’s van haar geneem en haar na bewering toe in sy voertuig verkrag.
Die polisie het vir byna ’n jaar na hom gesoek, maar hy is later in hegtenis geneem.
Sy saak is tot 28 Februarie 2023 uitgestel vir ’n private prokureur om op rekord te kom en die borgtogaansoekdatum vas te stel.
Die staat gaan sy borgtogaansoek teenstaan.
AfriNUUS verneem dat die kompetisie nog nie plaasgevind het nie en dat sy net genader is om aan die kompetisie deel te neem.
- Bron: Eric Ntabazalila, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag in die Wes-Kaap