Louis Liebenberg se maatskappy Tariomix voorlopig gelikwideer
Louis Liebenberg, die diamanthandelaar, se maatskappy Tariomix is Donderdag voorlopig in die hooggeregshof in Mahikeng gelikwideer.
Dit volg ná ’n dringende aansoek om likwidasie teen Tariomix ingedien is.
Liebenberg beweer in ‘n video-opname op sy Facebook-groep dat daar nie in Tariomix ‘n enkele bankrekening of bate is nie.
Liebenberg het nou tyd om die likwidasiebevel teen te staan.