KYK | Skokkende onthullings deur André de Ruyter in ’n onderhoud: R1 miljard word maandeliks gesteel
André de Ruyter, uitvoerende hoof van Eskom, het tydens ’n onderhoud met eNCA se Annika Larsen gepraat oor die talle probleme by die land se kragvoorsiener. Alles van kriminele sindikate binne die kragreus tot korrupsie wat Eskom bykans R1 miljard per jaar kos.
De Ruyter het die uurlange-program begin deur uit te wys dat daar sowat R1 miljard elke maand by Eskom deur kriminele sindikate gesteel word. Hy het verwys na ‘n voorbeeld van mense wat met duur Louis Vuitton-rugsakke rondloop, duur sportsnutsvoertuie ry, en “hul hande in Whiskey was” met vergaderings – dit alles deur geld wat by Eskom geplunder word.
Oor sy vergiftiging, het de Ruyter beweer dat daar ’n lang lys van mense is wat teen hom in die kragreus is. Dit spruit voort uit sy pogings om korrupsie by die kragvoorsiener uit te wis, met verwysing daarna dat hy nie kan spekuleer oor wie hom met sianied vergiftig het nie, maar dat daar mense is wat hom uit die toppos soek.
Die persoon wat die oggend van die koffie-vergiftiging aan de Ruyter se koffiemasjien gewerk het, het verdwyn en dit word tans ondersoek.
“Ek het geweet daar is korrupsie binne Eskom met staatskaping toe ek die pos aanvaar het. Ek het egter nie geweet hoe groot dit in die kragvoorsiener is nie. Staatskaping is soos ’n kanker binne Eskom wat nooit behandel is nie,” onthul de Ruyter. “Dit het nou gegroei deur die hele Eskom.”
“Op elke vlak van Eskom is daar teenstand deur mense wanneer protokolle of prosesse ingestel moet word om korrupsie teen te werk.”
AfriNUUS verneem dat die sianied-vergiftigingsaak steeds deur die Valke ondersoek word, maar dat niemand nog in hegtenis geneem is in die verband nie.
Hier is ’n paar van die belangrikste hoogtepunte van die onderhoud:
- De Ruyter het onthul dat daar ongeveer vier kriminele sindikate in Mpumalanga is wat sowat R1 miljard per maand van Eskom steel. Dit gaan onder andere oor steenkooldiefstal en sabotasie binne die kragreus.
- Volgens de Ruyter word mense elke week vermoor deur die hoogs georganiseerde “kriminele sindikate” wat soos ‘n mafia in Eskom is.
- 29 000 mense sterf elke jaar voortydig as gevolg van lugbesoedeling. De Ruyter is baie bekommerd hieroor, maar hy sien nie enige dringende ingryping deur die regering om dit te voorkom nie. Volgens de Ruyter is daar groot teenstand teen stelselmatige wegbeweging van steenkool na groenkrag. Die bekommernis is die groot aantal korrupsie in die steenkoolbedryf.
- Oor die ANC het de Ruyter gesê “hulle wil alles moontlik doen om die volgende verkiesing te wen, en nie wat die land vir die volgende twee dekades aan die gang sal hou nie”.
- Hy het gesê die departement van openbare ondernemings, onder leiding van minister Pravin Gordhan, het ’n intervensionele rol by Eskom gespeel en die maatskappy mikrobestuur.
- De Ruyter het gesê daar is ’n verband tussen diefstal, sabotasie, verkrygingsonreëlmatighede en plaaslike en nasionale politiek.
- De Ruyter het oor wetstoepassers se reaksie op kriminele kwessies by Eskom en sy kragstasies gepraat oor sy teleurstelling in sowel die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) as die Staatsveiligheidsagentskap (SSA).
- “As jy na staatsveiligheid kyk, is dit ’n eksistensiële bedreiging vir die staat. My nie-wettige definisie van hoogverraad is as jy geld vat om iets te doen wat tot nadeel van die staat is,” het De Ruyter gesê.
- De Ruyter het verder gesê lede van die ANC op die hoogste vlakke is bewus van die korrupsie wat by Eskom gebeur en ook dat die nutsdiens as die ANC se “voerbak” dien.
- De Ruyter het gesê hy is deur ’n minister genader oor ’n hoëvlakpolitikus wat betrokke was by “sinistere en potensieel kriminele aktiwiteite” by die kragvoorsiener.
- “Ek het my kommer uitgespreek aan ’n senior minister van die regering oor pogings, na my mening, rondom die misbruik van $8,5 miljard wat Eskom by die COP26 ontvang het.
- Toe hy gevra is oor die minister se reaksie oor die kriminele aktiwiteite by Eskom, het de Ruyter gesê: “Die betrokke minister het na ’n senior amptenaar gekyk en gesê: “Ek dink dit was onvermydelik dat dit in elk geval sou uitkom.” Dit dui daarop dat dit nie nuus was nie.
- Op die vraag of die genoemde minister nog in die kabinet is, het de Ruyter geweier om sy identiteit bekend te maak.
- Wanneer de Ruyter uittree, wat vandag is, is sy toekomsplanne om tyd oorsee te spandeer en klimaatsverandering aan te pak.
- Hy het die volgende raad aan die volgende uitvoerende hoof van Eskom: “Moenie net uit een koppie koffie drink nie.”
- Intussen het die DA aangedui dat hy tans ’n dringende versoek aan Eskom se bestuur opstel om die identiteit bekend te maak van die minister wat deur de Ruyter genoem word en wat na bewering betrokke is by die plundering by Eskom.
- “Die doel van hierdie versoek is om alle inligting en bewyse tot Eskom se beskikking te bekom rakende die beweerde ANC-baasbrein agter die sistemiese korrupsie wat ons land se elektrisiteitsvoorsiening op sy knieë gebring het,” het John Steenhuisen, DA-leier, in ’n verklaring gesê.
Kyk die onderhoud op eNCA deur hier te klik: https://www.enca.com/shows/my-guest-tonight-annika-larsen-22-february-2023
Jy kan dit ook hieronder kyk:
LEES OOK: