Fikile Mbalula, sekretaris-generaal van die ANC, het die onmiddelike vertrek van André de Ruyter verwelkom, en gesê dat hy die regering gefaal het.

Volgens Mbalula moes de Ruyter korrupsie dadelik by die owerhede aangemeld het toe dit plaasgevind het en nie gewag het tot nou met sy vertrek om dit in ‘n TV-onderhoud te ontbloot nie.

Mbalula het verder bevestig dat die ANC regstappe teen de Ruyter oorweeg ná sy uitlatings oor korrupsie by die ANC. Mbalula meen dat de Ruyter bewyse moet lewer dat dié politieke party korrup is en sy bewerings kan staaf.

Eskom-woordvoerder, Sikhonathi Matshantsha, het aan Radio 702 gesê dat de Ruyter die kragvoorsiener in oneer gebring toe hy vandeesweek in ‘n onderhoud gepraat het, wat daartoe gelei het dat die direksie geëis het dat hy Woensdag onmiddellik sy tassies pak.

Dit volg na ‘n onthullende onderhoud op eNCA.

Die DA het de Ruyter as ‘n ‘ware patriot’ uitgemaak en hom bedank vir sy harde werk en dat hy ‘n fluitjieblaser was.

Die VF Plus het gesê die party verwag van die regering om die veiligheid van André de Ruyter en ander fluitjieblasers te beskerm.

Die EFF het nog nie kommentaar gelewer nie.

Jy kan die ANC se verklaring hieronder lees:

Kyk gerus die media-inligtingsessie: