Honderde onbetaalde mediese verskaffers in Gauteng
Jack Bloom, DA-woordvoerder oor gesondheid, sê dat ten spyte van beloftes van betaling binne die wetlik vereiste tydperk van 30 dae, het die Gautengse Gesondheidsdepartement op 31 Januarie vanjaar ’n verstommende bedrag van R1,9 miljard aan 940 verskaffers geskuld. Dit is slegs ’n 40%-betalingsvlak!
Hierdie inligting is deur die Gautengse LUR vir Gesondheid, Nomantu Nkomo Ralehoko, onthul in ’n skriftelike antwoord op Bloom se vrae in die Gautengse wetgewer.
Verder word 223 verskaffers vir langer as drie maande R983 miljoen geskuld, en 176 verskaffers word vir langer as ses maande R35,5 miljoen geskuld.
Die situasie is so erg dat sommige onbetaalde maatskappye weier om noodsaaklike toerusting aan hospitale te verskaf.
Die LUR blameer die laat betalings op die vereffening van vorige jare se agterstallige betalings, en hof-/regtelike mediese betalings waarvoor nie beplan en begroot is nie.
Dit is ’n sleuteluitdaging vir Premier Panyaza Lesufi wat in sy SOPA-toespraak belowe is, is dat daar “streng gevolgbestuur” sal wees vir die versuim om diensverskaffers binne 30 dae te betaal.
“Sy geloofwaardigheid is op die spel as die Gautengse gesondheidsdepartement nie betalings in die nabye toekoms radikaal verbeter nie,” sê Bloom. “Dit sal die vervanging van al die kader-ontplooiing doodluiters met bekwame en eerlike mense vereis.”