’n Sersant van die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD), Claudius Minnaar (40), het in die De Aar-distrikshof verskyn op aanklag van dronkbestuur. 

Artikel 65 van die Nasionale Padverkeerswet sit die wetlike beperkings en bepalings uiteen vir die bestuur terwyl jy onder die invloed van alkohol is, en bepaal dat niemand die bestuurdersitplek van ’n motorvoertuig mag inneem of bestuur as jou bloedalkoholinhoud oor die wettige perk is nie.

Op 18 Februarie 2023 is die beampte op die ongelukstoneel en agter die stuur van ‘n gemerkte dubbelkajuitbakkie van die polisie gevind.

Die saak is aangemeld, en die polisiebeampte is aangekla van die oortreding van die voorgeskrewe padverkeerswette soos voorgeskryf in die Padverkeerswet.  

Die saak is tot 28 Maart 2023 uitgestel vir ’n prokureur, sowel as vir verdere ondersoeke.