AE Switch moet sy e-beursiestelsel teen môre oopstel en beleggers die geld wat beskikbaar is uitbetaal
Die hooggeregshof in Pretoria het Donderdag beveel dat AE Switch sy e-beursiestelsel Vrydag om 17:00 moet oopstel sodat beleggers wie se geld nog op die stelsel beskikbaar is, uitbetaal kan word.
Dit volg nadat Tiaan Lombard, AE Switch-hoof, die stelsel vir Liebenberg se beleggers vroeër die maand gesluit het.