83-jarige ouma vermoor, in haar huis verbrand vir R36
’n 35-jarige Kolokoto Nick Mpolokeng is tot lewenslange tronkstraf gevonnis vir moord, ses jaar tronkstraf vir brandstigting en vyf jaar vir huisbraak en diefstal nadat hy in die hooggeregshof in Mpumalanga op Maandag, 13 Februarie 2023, in Middelburg, verskyn het.
Die beskuldigde is gevonnis vir die grusame moord op ’n 83-jarige Elizabeth Kolokoto wat na bewering sy familielid in Mmametlhake is. Die moord het glo in die vroeë oggendure van 7 Mei 2012 om 01h00 plaasgevind.
Dit het tydens die ondersoek geblyk dat die beskuldigde van die plaaslike taverne gegaan het toe hy beplan het om die ou dame te beroof wat alleen in dieselfde straat saam met hom by Phake Village gebly het.
Daar word gesê dat hy sy vriend versoek het om hom te vergesel. Op pad het hulle ’n ander ou ontmoet wat die vriend oortuig het om saam met hom te gaan en Mpolokeng alleen gelaat het. Al was hy alleen, het hy sy missie uitgevoer soos beplan.
Die ondersoek het verder aan die lig gebring dat die beskuldigde reguit na die ouma se huis gegaan het waar hy toegang tot die erf verkry het deur oor die heining te spring, haar slaapkamervenster gebreek het en die huis binnegegaan het. Hy het die ouma reeds wakker gekry en geld van haar geëis. Toe die ouma aandui dat sy nie geld het nie, het die beskuldigde haar aangerand, en teen die muur gestamp totdat sy geval het. Hy het die huis geplunder net om met R36 uit te kom.
Dit het ook geblyk dat hy papier aan die brand gesteek het en dit onder die ouma se bed gegooi het voordat hy vertrek het. Die huis het toe afgebrand met die ouma steeds binne.
Die beskuldigde het toe huis toe gegaan, sy klere omgeruil en in ’n puttoilet ingegaan waar hy sy klere verbrand het wat met ’n bietjie bloed bevlek is. Hy het toe aan die slaap geraak. Die volgende oggend het hy besef sy drafskoene het bloedvlekke. Hy het dit ook in die puttoilet gegooi om die bewyse te versteek.
Die polisie is na die misdaadtoneel ontbied waar hulle slegs die menslike skedel gevind het wat deur die oorledene se broer as die een van sy ouma geïdentifiseer is.
Op die ou einde het hul harde werk vrugte afgewerp aangesien die ondersoek hulle na die beskuldigde gelei het wat later erken het dat sy bloedbevlekte drafskoene in die puttoilet gegooi is. Dit was die begin van ’n groot deurbraak wat hoofsaaklik moontlik gemaak is deur die forensiese ondersoek wat gehelp het.
Die beskuldigde is positief met die misdaad verbind en hy het uiteindelik erken dat hy agter die ouma se moord, roof en brandstigting was. Die hof het hom skuldig bevind vandaar die swaar vonnis wat opgelê is.
Die provinsiale kommissaris van die SAPD in Mpumalanga, luitenant-generaal Semakaleng Daphney Manamela, was verheug oor die professionaliteit va die ondersoekspan. Die Generaal het verder haar opregte dank uitgespreek teenoor die staatsaanklaerspan en die regsbank omdat hulle die beskuldigde agter tralies geplaas het, waar hy vir die langste tyd moontlik hoort.