Brigadier Selvy Mohlala, polisiewoordvoeder in Mpumalanga, sê dat die teenmisdaadplaaswag puik werk gedoen het toe 344 kilogram dagga ter waarde van sowat R1 387 702 in straatwaarde op Maandag, 20 Februarie 2023, om 03:00 op ’n sekere plaas buite Delmas gevind is.

Die polisieverslag dui aan dat lede van die plaaswag by hul eweknieë gekuier het toe hulle drie voertuie binne die mielieland opgemerk het.

“Toe hulle nader aan die voertuie kom om ondersoek in te stel, het twee bakkies glo weggejaag en ’n blou Ford-voertuig agtergelaat. Toe hulle die sportnutsvoertuig nader en aan die venster van die motor klop, het die bestuurder daarvan op een of ander manier die deur oopgemaak en te voet van die toneel gevlug en die voertuig agtergelaat,” sê Mohlala.

Foto: SAPD

Toe die motor ondersoek is, word berig dat ’n ontdekking toe gemaak is van 31 sakke wat vol dagga was. Die polisie is gekontak en die dagga sowel as die voertuig is gekonfiskeer.

Verdere ondersoeke duur voort met die doel om die voertuigeienaarskap en omstandighede rondom waar die motor gevind is (op die plaas) vas te stel.