Mosambiekse pastoor sterf toe hy vir 40 dae lank probeer vas
‘n 39-jarige pastoor in Mosambiek is Woensdag oorlede nadat hy 40 dae lank probeer vas het. Hy het 25 dae uitgehou, voordat hy gehospitaliseer en dood is.
Hy het probeer om Jesus na te boots wat vir 40 dae en 40 nagte niks geëet het nie, berig die Britse media-agentskap BBC.
Francisco Barajah, stigter van die Santa Trindade Evangeliese Kerk, is in ’n hospitaal in die stad Beira dood, waar hy in ’n kritieke toestand was.
Na 25 dae sonder kos of water het hy gewig verloor tot die punt waar hy nie kon opstaan nie. Hy is op versoek van familielede en volgelinge hospitaal toe geneem.
Barajah is op dieselfde dag dood weens akute bloedarmoede en ’n mislukking van sy spysverteringsorgane.