Die voormalige gesig van Mexiko “se oorlog teen dwelms” is skuldig bevind aan dwelmhandel
Mexiko se voormalige minister van veiligheid, Genaro Garcia Luna, is deur ’n Amerikaanse jurie skuldig bevind aan dwelmhandel.
Genaro Garcia Luna (54) is daaraan skuldig bevind dat hy miljoene dollars van Mexiko se grootste misdaadgroep, die Sinaloa-dwelmkartel, ontvang het. Hy het daarna die misdaadgroepe toegelaat om verder dwelms te handel, veral oor grense tussen Mexico en die VSA sonder om gevang te word.
Meeste van die dwelms wat hul vervoer het, is kokaïen.
Hy kan tot 10 jaar tronkstraf opgelê word. Hy is die hoogste Mexikaanse amptenaar wat ooit in die VSA verhoor is.
- BBC