Die koalisiepartye, naamlik die DA, Action SA, VF Plus, IFP, ACDP en Cope, het in ‘n gesamentlike verklaring hul steun vir Cilliers Brink, DA-LP, as burgemeesterskandidaat van die Tshwane-metro gewys.

Dit volg nadat Randall Williams verlede week bedank het.

‘n Media-inligtingsessie sal Woensdag om 10:00 gehou word waar meer inligting bekendgemaak sal word.

Brink sal volgens bronne binne die volgende week ingehuldig word as Tshwane-burgemeester.

Jy kan die verklaring hieronder lees:

Tshwane-Coalition-MA-on-Mayoralty