VIDEO | Tot 7 500 mense sonder krag nadat tropiese sikloon Mauritius tref
Soos die tropiese sikloon, Freddy, nader aan die vasteland van Afrika beweeg, word verwoesting in Mauritius gesaai, en berei Madagaskar ook voor vir vloede.
Mauritius het vlugte gegrond en sy aandelebeurs gesluit toe die tropiese sikloon Maandag die eiland in die Indiese Oseaan genader het, terwyl noodspanne hulle gereed gemaak het vir swaar reën, vloede en grondverskuiwings in vier streke op Madagaskar, berig Reuters.
Volgens EuroNews is 7 500 mense op die eiland sonder krag.
Die sikloon, wat ‘n sterkte van tot 120 km per uur het, het ‘n direkte bedreiging vir Mauritius ingehou, het sy weerdiens gesê.
Zimbabwe, Malawi, Botswana, Eswatini, Zambië en die noordelike dele van Suid-Afrika kan ook swaar reën en oorstromings verwag, berig die Departement van Meteorologiese Dienste (MSD) van Zimbabwe.
Volgens die Suid-Afrikaanse Weerdiens (SAWD) sal Mosakmbiek se kuslyn en noordelike dele van Suid-Afrika vanaf Vrydagaand deur die sikloon Freddy geraak word.
Die Suid-Afrikaanse Weerdiens (SAWD) het die volgende verklaring uitgereik:
OP DIE TONEEL: