Die Sentrale Energiefonds (CEF) se jongste data dui aan dat petrol- en dieselpryse volgende maand verder sal styg.

Hier is die jongste inligting:

  • 95-oktaan-petrol: Styg met R1,22 per liter;
  • 93-oktaan-petrol: Styg met R1,27 per liter;
  • Diesel met 0,05% swael: Styg met 31c per liter;
  • Diesel met 0,005% swael: Styg met 32c per liter; en
  • Parrafien: Styg met 24c per liter.

Hierdie inligting is slegs ’n aanduiding van hoe brandstofpryse sou styg indien die pryse vandag vasgestel is.

Die nuwe brandstofprys tree Woensdag 1 Maart in werking.

Daily-20-02-2023