Mavela Masondo, provinsiale polisiewoorvoerder, het aan AfriNUUS bevestig dat twee mense – ‘n man en ‘n vrou – vanoggend buite ‘n kleuterskool in Bedfordview geskiet is.

Die man, wat die bestuurder en die vrou se lyfwag was, is glo in die bolyf getref toe ‘n gewapende man losgebrand het. Die vrou is ook gewond.

Die vrou het haar kind oomblikke tevore afgelaai by die skool. Hulle is daarna hospitaal toe gehaas.

Die misdadigers het van die toneel gevlug en die motief vir die skietery is onbekend.

Bedfordview GPF het aan AfriNUUS bevestig: “Al wat ons weet is dat die slagoffers hospitaal toe geneem is en die polisie is besig met die ondersoek”.

LEES OOK: