PAS BEKEND | Nasionale minimum loon verhoog tot R25,42 per uur
Thulas Nxesi, minister van indiensneming en arbeid, het pas die nuwe nasionale minimum loon in die staatskoerant gepubliseer.
Luidens die staatskoerant is die nuwe minimum loon, wat vanaf 1 Maart 2023 in werking tree, R25,42 per uur.
Dit is ’n verhoging van R2,24 per uur, oftewel 9,7%. Dit geld vir alle werkers, insluitend plaaswerkers en huiswerkers.