Japan beoog om die ouderdom van toestemming tot seks van 13 tot 16 te verhoog
’n Paneel van die Japannese ministerie van justisie het voorgestel om die ouderdom van toestemming tot seks van 13 na 16 te verhoog. In Suid-Afrika is dit ook 16.
Dit vorm deel van ’n wyer hersiening van Japan se wette oor seksmisdade, nadat die vryspraak van talle misdadigers van verkragtings in 2019 oproer veroorsaak het.
Die voorstel het ook ten doel om die versorging van minderjariges te kriminaliseer en die definisie van verkragting uit te brei.
Tans het Japan die laagste ouderdom van toestemming in ontwikkelde lande, en die laagste in die G7-groep.
In Duitsland en Italië is die ouderdom 14, in Griekeland en Frankryk is dit 15 en in die Verenigde Koninkryk en baie Amerikaanse state, asook Suid-Afrika, is dit 16.
Die huidige wet in Japan beteken dat slagoffers van verkragting moet bewys dat daar “geweld en intimidasie” gebruik is tydens die verkragting en dat dit “onmoontlik was om te weerstaan” om ’n skuldigbevinding te verseker.
Ten spyte van die moontlike verandering aan die ouderdom van toestemming, sal ’n uitsondering steeds bestaan vir omgang tussen mense wat minstens 13 is en wat ’n ouderdomsgaping van minder as vyf jaar het.
- BBC