Eskom stel kragrooster bó fase 8-beurtkrag op
Terwyl Eskom se hoogste vlak van beurtkrag wat al ingestel is fase 6 is, het die kragreus vanmiddag bevestig dat Eskom werk aan ‘n beurtkragrooster bó fase 8.
‘n Beurtkragrooster tussen fase 7 en fase 8 is reeds beskikbaar op die ESP-toep en Eskom se webtuiste.
Fase 8-beurtkrag beteken dat landsburgers tot 14 ure per dag sonder krag sal sit.
Fase 10-beurtkrag kan beteken dat Suid-Afrikaners tot 16 ure per dag sonder krag kan sit.
Eskom het beklemtoon dat meer krag oor die wintermaande gebruik word, maar dat dit nie op die oomblik beurtkragfases bo fase 6 verwag nie.
Eskom het beklemtoon dat as beurtkrag nie ingestel word nie, die algehele kragnetwerk kan vou, wat beteken dat Suid-Afrikaners tot 2 weke sonder krag kan sit terwyl krag vir landsburgers een-vir-een per munisipaliteit aangeskakel moet word. Eskom verwys hierna as ‘n “nasionale ineenstorting van die kragnetwerk”.
Beurtkrag word dus ingestel om dié scenario te voorkom.
Beurtkragfases kan egter op enige oomblik verander, aangesien kragopwekkingseenhede op enige gegewe oomblik onklaar kan raak.
Fase 6-beurtkrag word voorlopig tot Woensdagaand ingestel.
Lees ook: