Drie mense is beseer ná ’n botsing tussen twee taxi’s op die M1 Higginson-hoofweg naby die Chatsglen-afrit net ná 06:00 vanoggend.

ALS-paramedici het op die toneel aangekom om die twee erg beskadigde taxi’s in die pad te vind.

Drie mense het matige beserings opgedoen en is op die toneel gestabiliseer voordat hulle na‘n nabygeleë hospitaal vervoer is vir die verdere sorg wat hulle benodig.

Die SAPD was op die toneel en sal verder ondersoek instel.