Op Saterdag, 18 Februarie 2023, het ’n polisiespan Saame Mogogane (38) vir die beweerde moord van sy stiefseun opgespoor en in hegtenis geneem.

Mogogane is in hegtenis geneem ná ’n voorval wat op Woensdag, 15 Februarie 2023, by die Tlapeng Village in Madibogo aangemeld is. 

Daar word beweer dat die kind se ma hom onder die sorg van die man (die kind se stiefpa) gelaat het terwyl sy by die werk was. Met haar aankoms by die huis op dieselfde dag om 18:10, het sy gevind dat haar seun nie reageer op sy bed nie. Hy het veelvuldige beserings aan sy lyf opgedoen. Nood mediese en reddingsdienste (EMRS) is na die toneel ontbied en hulle het die twee jarige seuntjie op die toneel dood verklaar. Die stiefpa het van die toneel gevlug.

Mogogane het gister in die Atamelang-landdroshof verskyn op aanklag van moord en is in aanhouding tot sy volgende hofverskyning voor dieselfde hof op Woensdag, 22 Februarie 2023.

Die provinsiale kommissaris van Noordwes, luitenant-generaal Sello Kwena, het sy skok uitgespreek om te hoor van die wrede moord op so ’n jong kind.