29-jarige man verdrink by Umhlanga-strand in KZN
’n 29-jarige man het Maandagmiddag verdrink terwyl hy by die strand in Umhlanga, KwaZulu-Natl, geswem het.
Lede van Reaksie-eenheid Suid-Afrika (Rusa) is om 21:47 na die toneel uitgeroep.
Met hul aankoms het Reaksiebeamptes met familie en vriende van die man vergader.
Hulle het verduidelik dat hy saam met sy jonger broer en vriende geswem het nadat die lewensredders van diens afgeboek het.
Die Phoenix-inwoner het probleme ondervind en hy het onder die water verdwyn. Hy het nie weer opgekom nie.
Die voorval het om 19:30 plaasgevind.
Die RUSA R44-helikopter sal môreoggend opstyg om ‘n soektog na die slagoffer se liggaam te doen.