VIDEO | “Dronk polisieman” maak glo ’n ongeluk in De Aar in die Noord-Kaap
Yusuf Abramjee, gemeenskapsaktivis, het ’n video op Twitter gedeel wat wyd op sosiale media versprei is. In die video kan gesien word hoe ’n besope polisieman glo in ’n kop-aan-kop-botsing betrokke was, en weer poog om verder in sy polisievoertuig te bestuur.
Hy word egter deur gemeenskapslede gestop, waarna nooddienste op die toneel reageer.
In ’n verklaring aan AfriNUUS het Sergio Kock, polisiewoordvoerder in die Noord-Kaap, gesê: “Die SAPD-bestuur is bewus van die ongelukkige voorval in De Aar wat tans op sosiale media-platforms versprei word. Die betrokke polisiebeampte is in hegtenis geneem.”
’n Interne ondersoek is ook teen die SAPD-lid begin.
Die ondersoek duur voort.
Jy kan die video hieronder kyk: