Die Pinelands-polisie in die Wes-Kaap soek die hulp van die publiek om die 22-jarige Nick Frischke, ’n Duitse toeris wat op Maandag 6 Februarie 2023 in Suid-Afrika aangekom het, op te spoor.

Volgens berigte was Nick ’n inwoner by ’n plaaslike AirBnB in Pinelands was. 

Volgens die SAPD het Nick die perseel Dinsdag, 14 Februarie 2023, om 10:00, te voet verlaat en nooit teruggekeer nie. In ander berigte dui die datum op Woensdag, 15 Februarie.

Ten tyde van sy verdwyning is hy laas gesien met ’n blou denimbroekie met wit tekkies, ’n beige T-hemp en ’n rugsak. 

Hy is in ’n plaaslike winkel in die V&A Waterfront gesien. Volgens die SAPD kan Nick egter nie baie goed Engels praat nie.

Enigiemand met inligting wat kan help met die opsporing van Nick, word vriendelik versoek om die ondersoekbeampte speurdersersant Daluxolo Mhlauli by 076 609 0764 te kontak of alternatiewelik Crime Stop by 08600 10111 te bel.