President Cyril Ramaphosa het tydens sy antwoord op die debat oor sy staatsrede (SONA) verduidelik oor sy besluit “om nog ’n minister in sy opgeblase kabinet aan te stel onder die dekmantel van die hantering van die elektrisiteitskrisis wat sy kabinet geskep het.”  

Na die verklaring van ’n nasionale ramptoestand, beteken dit dat verantwoordelikheid vir die hantering van die kragkrisis nou onder vier ministers val: 

  • Minister van Minerale en Energie, Gwede Mantashe;
  • Minister van Openbare Ondernemings, Pravin Gordhan;
  • Minister van Samewerkende Regering en Tradisionele Sake, Nkosazana Dlamini-Zuma; en die
  • Minister van elektrisiteit wat nog aangestel moet word.

AfriNUUS het gister berig dat daar glo in die binnekringe van die presidensie bespiegel word dat dr. Kgosientso (Sputla) Ramokgopa, ’n voormalige Tshwane-burgemeester en Gautengse LUR, dalk die toppos as minister van elektrisiteit sal kry.

Foto: Kgosientsho Ramokgopa / LinkedIn

“Wat Ramaphosa versuim het om die mense van Suid-Afrika tydens hierdie gesprek in te lig, is dat die duplisering van verantwoordelikhede onder die Feuding Four ministers burgers meer as R145 miljoen elke jaar sal kos,” sê dr. Leon Schreiber, die DA se skaduminister van staatsdiens en administrasie.

Ingevolge die Ministeriële Handboek, waarvan die DA die wettigheid deur ’n klag by die Openbare Beskermer (OB) betwis, is elkeen van hierdie ministers geregtig op tientalle personeellede, luukse voertuie, BBP-beskerming, en gratis water en elektrisiteit.

Op grond van die Handboek en ’n reeks parlementêre vrae, het die Demokratiese Alliansie (DA) bereken dat Suid-Afrikaners meer as R145 miljoen per jaar aan hierdie luukshede vir die vier ministers gaan bestee, terwyl beurtkrag vererger en hulle hul “politieke veldoorlog voer vir beheer oor Eskom.”

Koste van die vier ministers vir belastingbetalers:

*DA: Die syfers vir die Minister van Elektrisiteit is gegrond op gemiddeldes en op die aanname dat Ramaphosa ook ‘n Adjunkminister van Elektrisiteit sal aanstel om meer patronaatskap “onder ANC-kaders te versprei.” Die syfers vir COGTA is ook gebaseer op gemiddeldes “aangesien Dlamini-Zuma weereens versuim het om op parlementêre vrae te reageer.”

Die groottotaal is: R145 280 000 

In totaal beloop die koste sowat R145 miljoen per jaar wat Suid-Afrikaners aan die vier ministers sal betaal, terwyl hulle “nie daarin slaag om die elektrisiteitskrisis aan te spreek nie.”

Hierdie totaal sluit egter nie eers die koste in van die 16 amptelike wonings wat hierdie kaders sal bewoon nie (twee elk, in Pretoria en Kaapstad), die binnelandse en internasionale reise wat hulle sal onderneem, asook die koste van die huur van meer luukse kantore en die oprigting van ‘n nuwe departement van elektrisiteit.

LEES OOK: