Twee vroue het matige tot ernstige beserings opgedoen nadat hulle gistermiddag beheer oor hul voertuig op die Mbubu-pad buite Pietermaritzburg verloor en by ‘n wal afgery het.

ER24-paramedici is deur die brandweer- en verkeersdepartemente na die toneel ontbied wat aangemeld het dat die twee vroue in hul voertuig vasgekeer was.

Toe hulle Saterdag om 13:30 op die toneel aangekom het, is ‘n 38-jarige vroulike bestuurder en 24-jarige vroulike passasier gevind, wat steeds vasgekeer was in hul ligte motorvoertuig.

Die brandweer het toe daarin geslaag om die twee beseerdes met behulp van reddingskake te bevry.

Beide ER24 en ‘n ander private nooddiens op die toneel het die twee dames met lewensondersteunende intervensies behandel om hul toestand te stabiliseer voordat hulle na die hospitaal vir verdere mediese sorg vervoer is.

Foto: ER24