Twee middeljarige mans dood nadat ‘n voertuig in hul vasry
Saterdagaand net voor 22:00 het Emer-G-Med-paramedici op die N1 suid van die Stormvoël-tolplaza gereageer na berigte van ‘n ernstige botsing.
Met hul aankoms is verskeie beseerdes op die toneel gevind.
Daar word beweer dat ‘n voertuig in die middelste baan van die N1 onklaar geraak het toe ‘n barmhartige samaritaan stilgehou het om die onklaar voertuig by te staan.
‘n Sportsnutsmotor het ongelukkig vasgery in die stukkende voertuig asook die mense wat langs die voertuig gestaan het, terwyl hulle besig was met herstelwerk.
Twee middeljarige mans, een van die stukkende voertuig en die ander van die voertuig wat stilgehou het om te help, het noodlottige beserings opgedoen en is met paramedici se aankoms dood verklaar.
Vier ander beseerdes, insluitend die bestuurder van die sportnutsvoertuig, het beserings opgedoen wat wissel van gering tot ernstig.