Dr. Eileen Carter, provinsiale bestuurder van die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie (SAMRK), het aan AfriNUUS bevestig dat die sanger Steve Hofmeyr weer op Maandag 31 Julie in die hof in Qqeberha (Port Elizabeth) moet verskyn.

Dit volg nadat ’n klag teen die sanger by die SAMRK ingedien is oor sy uitlatings op sosiale media oor die LGBTQI+-gemeenskap waarna hy na bewering na die “+” in die afkorting as bestualiteit verwys het.

Volgens Carter kom die klagte neer op haatspraak en diskriminasie op grond van seksuele oriëntasie.

“Die verhoordatum is 31 Julie, wanneer die aangeleentheid steeds op die meriete van die punte wat uitgelê is, beredeneer sal word,” voeg Carter by. 

OUT LGBT Well-Being het ’n klagte teen Hofmeyr laasjaar ingedien. Die volgende eise is gestel: R500 000 aan ’n LGBTIQ+-organisasie, ’n geskrewe verskoning, 20 uur se gemeenskapsdiens en die bywoning van ’n slypskool oor diversiteit.