SKOKKEND | Man in hegtenis geneem wat glo heroïne aan skoolleerders langs die skoolgronde by ’n dam verkoop
Die twee buitelandse burgers wat op Donderdag 16 Februarie 2023 in hegtenis geneem is vir die verkoop van dwelms aan skoolleerders by die Florah Park-dam in Limpopo sal na verwagting Maandag 20 Februarie 2023 in die Polokwane- en Botlokwa-landdroshof verskyn.
Lede van die provinsiale georganiseerde misdaadeenheid, in samewerking met misdaadintelligensie, het inligting ontvang oor ’n 41-jarige Nigeriese burger wat na bewering dwelms verkoop het aan leerders van Northern Academy Secondary en Florah Park Secondary School wat naby die Florah Park-dam geleë is.
Die inligting is onmiddellik opgevolg en ’n klopjag is by die genoemde dam uitgevoer.
Die verdagte is daarna gevind waar hy in ’n wit Nissan Almera-sedan gesit het. Die polisie het versoek om sy motorvoertuig te deursoek en het 500 sakkies heroïne met ’n geraamde straatwaarde van R20 000 gevind wat in die paneelbord versteek was.
Die klopjag het voortgeduur en sy vennoot van 44 jaar oud is langs die N1 noord langs Botlokwa vasgetrek net nadat hy na bewering die dwelms van die eerste verdagte by die Flora Park-dam ontvang het wat bedoel was vir verdere verspreiding.
Die twee verdagtes sal Maandag 20 Februarie 2023 in die Polokwane- en Botlokwa-landdroshof verskyn op aanklag van die besit en handel in dwelms.
Polisie-ondersoeke duur voort.