NVG-amptenaar en haar seun skuldig bevind aan die onwettige besit van hoogs vertroulike inligting
’n Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) assistentdirekteur en haar seun (28) is deur die Pretoriase landdroshof skuldig bevind aan die onwettige besit van hoogs-geheime inligting.
Jacobeth Lepinka (52) en haar seun, Kedifentse (28), is Vrydag skuldig bevind en sal op 16 Mei gevonnis word.
Thandi Mbambo, woordvoerder van die Valke, het gesê: “In 2014 het NVG ontdek dat Lepinka die skootrekenaar met geklassifiseerde inligting sonder magtiging na haar blyplek geneem het.
“’n Saak van diefstal is geregistreer en die voorval is by die Valke se ernstige misdaadondersoekspan aangemeld vir verdere hantering. Die ondersoek het begin en het die span na die skootrekenaar gelei wat gebruik is deur Lepinka se seun wat beweer het dat hy die toestel besit.”
Mbambo het gesê ná ’n lang ondersoek is die beskuldigdes gedagvaar om in die hof te verskyn waar hulle verhoor is.
“Jacobeth is skuldig bevind op aanklagte van bedrog, ongemagtigde toegang tot inligting en ongemagtigde openbaarmaking van inligting, terwyl Kedifentse skuldig bevind is aan ongemagtigde toegang tot inligting,” het sy gesê.
– SAnews.gov.za