Meeste kiesers in Suid-Afrika wil ’n swart leier aan bewind hê – peiling
Die meerderheid van Suid-Afrika se geregistreerde kiesers glo volgens ‘n meningspeiling dat die leier van die politieke party wat die land regeer, swart moet wees.
Dit is volgens data van ’n peiling van die National Research Foundation (NRF) wat verlede jaar telefonies gedoen is onder 3 200 verteenwoordigende geregistreerde kiesers. Dit het ’n foutmarge van 1,7%.
In ’n neutedop: 43,7% van die respondente het aangedui dat hulle saamstem dat die verkose leier swart is, terwyl 6,1% van die respondente aangemeld het dat hulle ietwat saamstem dat die verkose leier swart moet wees. Dit terwyl 13,6% ietwat nie saamstem dat die leier swart moet wees nie, en 34,7% glad nie saamstem dat die verkose leier swart moet wees nie.
Só lyk die statistieke i.v.m. politieke affiliasie:
Só lyk die statistieke i.v.m. ras:
Só lyk die statistieke i.v.m. inkomstegroepe:
Só lyk die statistieke i.v.m. hoogste vlakke van opleiding:
Lees die volledige verslag hieronder: