Mas vasgetrek wat lyk van jong vrou by stortingsterrein wou stort
’n 38-jarige verdagte moes deur die Baberton-polisie uit skare gegryp word nadat hy glo in die Baberton-stortingsterrein betrap is terwyl hy ’n trollie stoot met ’n 19-jarige vrou wie se liggaam in ’n sak toegedraai is. Hierdie skokkende voorval het Sondag, 19 Februarie 2023, om 14h15 plaasgevind.
Die man wat agterdogtig lyk, het die aandag van drie dames getrek toe hulle glo sien hoe hy ’n swaar trollie stoot. Die dames het toe ’n sekere taxi-operateur wat in ’n kombi ry by die verkeersligte voorgekeer, vertel wat hulle waargeneem het en hom versoek om te help met die ondersoek. Toe hy hulle sien, het die sak uit die man se trollie geval. Sy sak is deur een van hierdie besorgde burgers oopgemaak en dit was ’n verrassing toe die menslike liggaam van ’n dame binne gevind is.
Die polisie in Barberton is dadelik ontbied, maar toe hulle aankom, het sommige gemeenskapslede hom reeds begin aanrand. Die polisie het daarin geslaag om die situasie te kalmeer en die verdagte is uit die woedende gepeupel gered. Die man is in hegtenis geneem en daarna hospitaal toe geneem vir behandeling onder polisiebewaking.
Die motief sowel as oorsaak van dood moet nog vasgestel word en ’n nadoodse ondersoek sal gedoen word. Tans gaan die polisie se ondersoek voort om hierdie hele skokkende voorval op te spoor.
Intussen het die Provinsiale Kommissaris van die SAPD in Mpumalanga, luitenant-generaal Semakaleng Daphney Manamela, hierdie voorval ten sterkste veroordeel, terwyl hy waardering het vir die burgers wat ’n belangrike rol gespeel het om hierdie tragedie te ontbloot.
BYGEWERK:
LUR Mashilo geskok toe ’n man se oorskot gevind is binne-in ’n sak
Speed Mashilo, waarnemende LUR vir gemeenskapsveiligheid, sekuriteit en skakeling, het met skok gereageer ná die gru-voorval waar ’n man in Barberton met ’n sak met ’n vrou se liggaam gevind is.
Luidens ’n verklaring van die polisie is ’n 38-jarige man van ’n woedende skare gered nadat hy glo in Barberton se stortingsterrein betrap is terwyl hy ’n trollie stoot met ’n 19-jarige vrou se liggaam in ’n sak toegedraai. Die man is tans in polisie-aanhouding en ontvang behandeling in die hospitaal.
LUR Mashilo het gesê die toenemende aantal moord- en geslagsgebaseerde geweldsake in die provinsie is kommerwekkend.
“Dit is ’n vyfde saak van moord in die provinsie binne vier dae; iets moet dringend gedoen word. Ons kan nie hê dat mense soos vlieë sterf asof ons in ’n wettelose land lei nie. Mense wat sulke grusame misdade pleeg en diegene wat reg in eie hande neem, moet die volle hand van die reg in die gesig staar,” het hy gesê.