’n 52-jarige man het na bewering sy eie lewe geneem deur sy keel af te sny met ’n slypmasjien in hul huis in Namakgale, Phalaborwa, in Limpopo, op Dinsdag, 14 Februarie, om 08:00.

Voorlopige ondersoeke wat die SAPD op die toneel gedoen het, het aangedui dat die pa van die oorledene na bewering die geluid van ’n slypmasjien (grinder) in sy (oorlede) seun se slaapkamer gehoor het en gaan ondersoek instel.  

Hy was glo verbaas om sy seun te vind wat besig was om sy keel met ’n slypmasjien af te sny en het glo tevergeefs probeer om dit van hom af te stoei, maar het misluk. Hy het toe uitgegaan om hulp van die bure te ontbied, maar met sy terugkeer het sy seun later gesterf.  

Die motief vir hierdie voorval sal deur die ontvouende ondersoeke bepaal word.

Die SAPD in Namakgale het ’n geregtelike doodsondersoeksaak geopen en mense versoek om hulp te soek wanneer hulle uitdagings in die lewe ervaar.

  • Tzaneen Voice

Kontak die Suid-Afrikaanse Depressie-en-angsgroep (Sadag) by https://www.sadag.org.

Tel: 011 234 4837..

Tolvry: 0800 567 567.