Business Insider SA groet einde van die maand
Op Dinsdag, 28 Februarie 2023, gaan Business Insider South Africa permanent gesluit word.
Dié inligting is Maandagmiddag in ‘n verklaring bevestig.
Business Insider SA is in Februarie 2018 van stapel gestuur deur ’n vyf-jaar-vennootskap tussen Business Insider en News24.
Nou het Insider (as wat die publikasie nou sal bekendstaan) besluit om nie die lisensie-ooreenkoms wat hierdie publikasie geskep het, wat vandeesmaand tot die einde van sy vyfjaartermyn kom, te hernu nie.
Business Insider is nou slegs Insider, ’n internasionale publikasie met ‘n besigheidsafdeling wat langs sy dekking van nuus en leefstylonderwerpe sit.