2 vas wat ’n dagga-laboratorium vanuit hul huis in Kuilsrivier bedryf
Die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) het twee verdagtes in hegtenis geneem en beslag gelê op dagga ter waarde R500 000 by ’n huis in Kuilsrivier in die Wes-Kaap.
Joseph Swartbooi, polisiewoordvoerder in die Wes-Kaap, sê beamptes het inligting ontvang en opgevolg wat hul tot die dagga-laboratorium in Soneike gelei het.
Daar is beslag gelê op 135 daggabome.
’n 42-jarige man en 44-jarige vrou is in hegtenis geneem en hulle sal na verwagting volgende week in die hof verskyn.