2 polisielede steeds op vrye voet ná saak van ontvoering, afpersing en meer
Die hofsaak van die twee Dobsonville-polisiebeamptes wat vir ontvoering, afpersing en die besit van gesteelde goedere in hegtenis geneem is, is tot 1 Maart 2023 uitgestel vir ’n formele borgtogaansoek.
Die beamptes het glo probeer om geld van ’n Springs-inwoner af te pers. Daar word beweer dat die vier Dobsonville SAPD-lede op 17 Februarie 2023 ’n deursoeking by ’n huis in Springs gedoen het en beslag gelê het op geld ter waarde van R35 000, weegskale en 25 liter suurvormende kwik.
Hulle staan tereg op aanklagte van ontvoering, korrupsie en afpersing, diefstal, die besit van gesteelde goedere en regsverydeling.
Die onafhanklike ondersoekeenheid (Opod) sal borgtog teenstaan.
Die twee beamptes word by die Roodepoort SAPD aangehou terwyl die ander twee beamptes steeds op vrye voet is.