AfriNUUS het by onberispelike bronne in die binnekringe van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag (SANW) verneem dat die jaarlikse Weermagdag-parade, wat vandeesweek by Richardsbaai gehou is, bykans R40 miljoen gekos het.

“Dit is een van die mees koste-effektiewe begrotings, aangesien die weermag se verkryging uitsluitlik gegrond is om daarop te fokus om die plaaslike gemeenskap te bevoordeel,” meen die bron.

Volgens die bron, wat versoek het om anoniem te bly aangesien hy nie die amptelike woordvoeder van die weermag is nie, het bevestig dat die toerisme- en hotelbedryf gerapporteer het dat alle hotelle en gastehuise in Richardsbaai ten volle bespreek was. 

Foto: SANDF / Facebook

Dit volg ná bewerings dat die parade belastingbetalers meer R200 miljoen uit die sak gejaag het. Die bron het egter die bewerings ontken.

“Verder het die meeste die soldate in tente gebly, wat beteken dat hierdie AFD23 die mees voordelige gebeurtenis was wat die plaaslike ekonomie van Richardsbaai ’n hupstoot gegee het.”

“Daar gaan dus baie kostebesparingsmaatreëls wees aangesien sommige geleenthede soos een vermoënsdemonstrasie gekanselleer was weens slegte weer wat ook baie geld bespaar het,” voeg die bron by.

Meer as 8 000 soldate was glo by die weermagsdag betrokke.

Foto: SANDF / Facebook

Andries Mokoena Mahapa, woordvoerder van die weermag, het aan AfriNUUS gesê dat hy geen inligting het oor die begroting vir die parade nie. Hy het ook bevestig dat hy nie weet wat die koste van die parade was toe AfriNUUS vrae aan hom gestel het nie.

Foto: SANDF / Facebook