Die Universiteit van Kaapstad (UK) is Vrydag, 17 Februarie, ’n tussentydse interdik deur die Wes-Kaapse hooggeregshof toegestaan.

Dié interdik is bekom in ’n poging om studente te keer wat geweldadige protesaksies hou. Hierdie bevel tree onmiddellik in werking.

Studente betoog omdat sommige glo verhoed word om terug te keer na die universiteit weens betalings wat aan die universiteit verskuldig is.

Luidens die bevel mag studente nie inmeng met die daaglikse take van die universiteit nie, insluitend klasse wat aangebied word, biblioteke, koshuise of enige ander instelling van die universiteit nie.

Lees die volledige kennisgewing: https://bit.ly/3lyTjID 

UCT_interim_interdict_17-02-23