Midstream Estate, ’n gesogte residensiële landgoed in Midrand, beplan om ’n groot batterystelsel te installeer om energie van sonkragaanlegte, Eskom, en ’n reeks kragopwekkers te stoor om inwoners teen beurtkrag te beskerm.

Foto: midstream.co.za

Meer as 1 000 huise by die Midstream Estate het reeds sonkraginstallasies op hul dak.

Volgens Daily Investor is die plan met Midstream-inwoners bespreek by ’n spesiale Energie Indaba wat op 7 Februarie 2023 gehou is.

Die inwoners het hul oorweldigende steun getoon vir die R200 miljoen-plan, wat glo teen Augustus 2023 in plek sal wees. Inwoners wat deelneem aan die beurtkragbeskermingsprojek sal slegs volgens hul verbruik tydens beurtkrag betaal.

Die plan is voorgestel deur Jan Zeederberg, ’n stigter en direkteur van Bondev, die ontwikkelaar van die Midstream Estate.