PAS BEKEND | Eskom as die Nuusmaker van die jaar 2022 aangewys
Die Nasionale Persklub het die nasionale kragvoorsiener as die 2022 Nuusmaker van die jaar aangewys.
Eskom is reeds in 2008 en 2019 as nuusmaker van die jaar bekendgemaak.
Die toekenning is gebaseer op die hoeveelheid mediadekking wat ontvang is en die impak daarvan op nuusplatforms.
“Na die eskalasie van beurtkrag, leierskap-onstabiliteit by Eskom, berigte van sabotasie binne Eskom, ontplooiing van die militêre magte by sommige kragstasies, en die stygende kragtariewe, om net ’n paar te noem, was dit was geen verrassing dat Eskom en beurtkrag as die Nuusmaker vir 2022 aangewys sou word nie,” het die klubvoorsitter, Antoinette Slabbert, gesê.
Die Nasionale Persklub benoem sedert 1980 ’n jaarlikse nuusmaker.
Dié benoeming is gisteraand tydens ‘n netwerksgeleentheid in Pretoria bekendgemaak.