Noodlottige botsing op die N1 buite die Paarl
Vrydag om 23:30 het Titanium Securitas Medical Response ‘n oproep ontvang van ‘n ernstige motorvoertuigbotsing op die N1 naby die R300-brug in die rigting van die Paarl.
Met hul aankoms het die Titanium Securitas se mediese span twee voertuie op die toneel gevind.
Ongelukkig is die bestuurder van die een voertuig vasgekeer in sy voertuig gevind en het noodlottige beserings opgedoen. Die bestuurder van die ander voertuig en sy passasier was gelukkig om met slegs ligte beserings te ontsnap.
Plaaslike owerhede was op die toneel om ‘n volledige ondersoek na die saak van stapel te stuur.